By Laerskool Elspark poog ons om ontdekkingsgeleenthede vir ons kleuters te skep. Ons doel is om ‘n prikkelende omgewing te skep waarin elke kleuter tot sy maksimum potensiaal kan ontwikkel.

Ons leerplan is prakties uitgewerk; dans, sing, rympies opsê, verf en teken is van die “metodes” wat ingespan word om konsepte tuis te bring en die kleuter voor te berei vir sy/haar skoolloopbaan.


Baie welkom!

HOOF & PERSONEEL

Welkom by Elsparkie Kleuterskool!

Hier is ons fokuspunt die totale ontwikkeling van elke kleuter as unieke, klein mensie. Ons wil dus U kleuter ontwikkel op verstandelike, geestelike, kreatiewe en liggaamlike gebied.
Dit wil ons bereik binne die raamwerk van dissipline, roetine en ‘n Christelike waardesisteem.
Ons neem jou kleuter saam op ‘n ontdekkingsreis van kennis, sang, musiek, kreatiewe werk en liggaamlike ontwikkeling. Ons wil ons kleuters toerus en help om te groei en ontwikkel in kennis, vaardighede en selfvertroue.
Elsparkie Kleuterskool bied aan jou kleuter, kwaliteit onderwys.

VISIE
By ons Kleuterskool maak ons dié visie ons eie om sodoende elke kleuter tot sy/haar volle potensiaal te ontwikkel en voor te berei vir Gr 1.

ELSPARKIE KLEUTERSKOOL VIR DIE BESTE BEGIN!!!

By Laerskool Elspark poog ons om ontdekkingsgeleenthede vir ons kleuters te skep. Ons doel is om 'n prikkelende omgewing te skep waarin elke kleuter tot sy maksimum potensiaal kan ontwikkel.

Ons leerplan is prakties uitgewerk; dans, sing, rympies opsê, verf en teken is van die "metodes" wat ingespan word om konsepte tuis te bring en die kleuter voor te berei vir sy/haar skoolloopbaan.

  

Hartlik welkom by Elsparkie Kleuterskool!


KLEUTERSKOOLHOOF : Tuanette Botha