Elsparkie Skoolgelde 2017


KLEUTERSKOOLGELDBETALING:

  • Kleuterskoolgeld is vooruitbetaalbaar teen die 7de van elke maand.
  • Inskrywingsdeposito beloop R1140 per kind en is nou reeds betaalbaar.

 


Kleuterskoolgeld per kind:     R1140 per maand

 

Skoolgelde is vooruitbetaalbaar vir 11 maande. Die gelde moet asseblief stiptelik vóór die sewende van elke maand betaal word.
Die eerste skoolgeld paaiement is betaalbaar op die eerste skooldag van die jaar en tweede paaiement voor 7 Februarie.

Geen skoolsubsidie vir Kleuterskool leerders nie. Geen korting soos in geval van grootskool.


Registrasiegeld:


‘n Registrasiefooi is betaalbaar by die registrasie op die eerste skooldag van die jaar. Die fooi sluit in ‘n  skryfbehoefte pakkie wat die volgende insluit:

  • Stoelsakkie
  • Flip file (vir skoolwerk)
  • Pritt
  • Skêr
  • Vetkryt
  • Uitdraaikryt
  • Inkleurpotlode
  • Inkleurboek
  • Skooltas

 

Hantering van gelde


Alle gelde soos skoolgeld of uitstappiegeld moet in ‘n duidelik gemerkte en verseëlde koevert gestuur word,  met U kind se naam, die bedrag en doel van betaling daarop. Daar sal geen verantwoordelikheid aanvaar word vir gelde wat nie op die wyse hanteer word nie.

 

Fondsinsameling


Die Kleuterskool loods twee fondsinsamelingsprojekte in die jaar naamlik wieledag en kleuterskoolrevue. Fondse wat ingesamel word, word weer teruggeploeg in die kleuterskool.