Ons het 'n klerebank by die kleuterskool wat kledingstukke, oud en soos-nuut verkoop teen R10 elk.
Die kleuterskool klere is beskikbaar by Peephole (Tel: 011 892 4060) by Market Straat, Boksburg.
Die somerklere bestaan uit ‘n koningsbou T-hemp met die Gr-R logo op met ‘n swart kortbroek.
Die wintersklere bestaan uit ‘n sweetpak en ‘n swart T-hemp.
Maak asseblief seker dat alle artikels (ook skoene en kouse) duidelik gemerk is.
Gr.000 kleuters moet ‘n ekstra stel klere en onderklere in hul tasse hê.