Ouers wat ondersteun


Die Ouer Ondersteunersgroep se doel is om verkope te doen by skoolbyeenkomste sodat ons fondse kan insamel.  Die fondse word gebruik om die kinders van Laerskool Elspark te help wat as gevolg van finansiële  omstandighede nie kampe of toere kan bywoon nie.

Ons wil graag ons kinders op sport en kultuurgebied bystaan, maar sonder fondse en ons ouers se hulp kan ons nie ons doel bereik nie.  Ons versoek ons skool se ouers om ons te help om elke jaar ‘n fantastiese jaar te maak terwyl die leerders van ons skool die skool se naam hoog hou op sport en kultuurgebied.

Die Ouerondersteunersgroep se Voorsitter is Me. Marinda Lourens.

Raak betrokke:

  • Word deel van die Ouer Ondersteunersgroep.
  • Verleen hulp by skoolbyeenkomste.
  • Borg ‘n leerder vir ‘n kamp of toer.
  • Help met ‘n eenmalige donasie.
  • Maak ‘n maandelikse donasie. 
  • Help met skenkings wat by skoolbyeenkomste gebruik kan word.

 

Broodjielys:

Ons vra net weer dat elke mamma wat bereid is om een keer 'n kwartaal broodjies te maak vir ons behoeftige leerlinge (50) net ‘n strokie in Januarie se Omsendbrief, in te vul. Dit is regtig vir 'n baie goeie doel en U maak elke dag so 'n verskil in kinders se lewens.

 

Kontak ons:

Voorsitter: Me. Marinda Lourens – tel: 082 785 2953

Word 'n Ouer wat Ondersteun!